Is daar iets lekkerder as rakke en rakke vol kookboeke…en om met die regpak en organisering tyd te hê om weer ‘n gunsteling te ontdek.
Ghillie Basan se Saffron & Sumac lê al vir dae langs my. By een van my tafels in 2020 het ‘n jongman van London,Ed, gesê: you have to make contact with this amazing woman. Net daar en dan het hy vir haar vertel van die vrou op die Weskus en ons twee het Saffron & Sumac..feasting at the middle eastern table wil jou dadelik kombuis toe laat hardloop.
*Orange salad with dates, chillies and preserved lemon
*Zhug. ‘n Simfonie van brandrissies,knoffel, kardamon, vars koljander en karwysade is kenmerkend van die geure van Yemen. Perfek as ‘n leksel lekkerte saam met enige dis…of neem dit verder: verpulp met vars tamaties en koljander as deel van ‘n mezze tafel. Dié een maak ek vandag nog!
*Carrot, almond and cardamon conserve
*Poached fish with saffron and caviar…
En so is elke resep is iets wat jy nou wil maak. ‘n Inspirasie om nuwe geure kombinasie te probeer. Om weer die lekkerte van ‘speel’ in die kombuis te ontdek. Fotografie is simplities met al die aandag op die kos.
Ghillie het in Kenia grootgeword en later in Skotland skoolgegaan. Sy is ‘n fassinerende vrou. Sy woon tans in die Skotse Hooglande…Cairngorms National Park . Op my ‘bucket’ lys om ‘n kursus by haar te gaan doen.
Gaan kyk na haar webblad https://www.ghilliebasan.com en veral na dié video: https://www.wildernessscotland.com/blog/film-series-women-in-the-wild-e2-ghillie/
Vriendin Karien Buter wat in Glasgow woon bederf my grensloos wanneer ek iewers in Europa is. Voor die tyd kom die vraag: jou hotel adres asb…and what would you love to read. En so kom ek met kilogramme oorgewig in boeke huistoe. My een wens was van Ghillie se boeke…
