Vir my is daar altyd iets só spesiaal aan ‘n glas vonkelwyn. ‘n Glas bubbles..of soos ‘n kosbare vriendin Karina Briers Louw van die wynlandgoed Eenzaamheid sê : SKUIMWYN.
Yskoud in ‘n mooi glas. Die outydse kelkie. Geinspireer deur Marie Antoinette. Of die ‘flute’ . Of die nuwe meer progressiewe glas van Riedel….’n boeppens wynglas met ‘n nou bokant.
Een van my gunsteling vonkel wyne is Deetlefs Estate se Methodé Cap Classique.
Die versnit is 85% Pinotage en 15% Chardonnay.
Vir my is dit perfek saam met vars oesters of ‘n gerookte vis.


