Puttanesca Sous

Hierdie is my die weergawe van ’n Puttanesca sous. Dit oorspronkelike resep word met ansjovis gemaak. En uie. Die sous het sy ontstaan in Napels gehad en is deur die dames van die nag gemaak. Daar is verkillende verhale gekoppel aan die ontstaan van die sous. Puttanesca is ’n byvoeglike naamwoord van Puttana wat rofweg vertaal prostituut beteken. Ek hou van die weergawe dat die dis moontlik ontstaan het in een van die bordele in Napels se Quartieri Spagnoli area. En dat dit ’n vinnige dis was om te maak tussen die sien van kliente.


Wat die storie ookal is…’n Puttanesca sous is geurig, veelsydig en een van my gunstelinge. Geniet dit met pasta, met vis,hoender…..

Genoeg vir 4 tot 6

  • 1⁄4 koppie olie ( ek gebruik graag ’n mengsel van olyf -en saadolies)
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik sardientjies in olie
  • 2 blikke fyngekapte tamaties
  • 1⁄2 koppie swart ontpitte olywe
  • 1⁄4 koppie kappertjesade ( capers)
  • 1 rooi rissie,fyngekap
  • Sout na smaak
  • Swart gemaalde peper
  • Fyngekapte origanum of tiemie…’n goeie opgehoopte teelepel. Eintlike enige vars krui…pieterselie en selfs basiliekruid
  • 1 teelepel bruinsuiker…net as die sous vir jou te suur proe!
Bella's Kitchen - Isabella Niehaus - Puttanesca Sous -

Maak so:

  1. Verhit die olie oor medium hitte.
  2.  Voeg die knoffel en rissie by en soteer vir ’n minuut of twee
  3.  Verhoog die hitte en voeg nou die sardientjies , tamaties, olywe en kappertjiesade by . Bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 30 minute.


En VOILA!

Share this post